
Waak
Waak is 'n tyd van geestelike waarneming, om geestelik te waak, om geestelik bedag te wees op sake waarvoor daar gebid moet word.
Kolossense 4: 2 - "Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar"
- Om te waak en bewus te wees van die moontlikheid van aanvalle van die Satan. Bid en vra vir die Heilige Gees om jou te wys op die planne (drogredenasies), metodes, vestings en strategieë van die Bose.
- Om bedag te wees op enige leiding van die Here.
- Om bedag te wees op enige openbaring van God.
- Vra vir insig, onderskeiding, wysheid en om te verstaan waarop jy moet fokus en wat jou prioriteite moet wees.
- Om te verstaan wat die wil van God is, waar Hy jou wil gebruik vandag.
- Om vir die Here te vra wat op sy hart en op sy agenda is.
- Is daar dinge wat in die koerante staan, wat ons oor die radio hoor of op die TV sien waarvoor ons moet bid; dinge soos ekonomiese probleme, politieke onrus en oorloë, waaroor God wil hê jy moet bid?
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat ''n mens ''n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na ''n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.