
Sonde- en Skuldbelydenis
Sondebelydenis of verootmoediging is 'n daad van belydenis en reiniging van myself as God se tempel sodat ek vrye toegang tot God kan hê.
Jesaja 59: 1 - 2 - "Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie."
1 Johannes 1: 9 - "Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid."
- Dit is die plek waar ek sonde op sy naam noem, my skuld bely, erken dat dit verkeerd is en daarvan wegdraai - en God se vergifnis aanvaar.
- Waar ek God vra om met elke vorm van hoogmoed en liefdeloosheid te deel.
- Dit is 'n tyd van selfondersoek en om die Heilige Gees toe te laat om enige onbelyde sonde aan jou uit te wys. Verlossing en vergifnis verkry ons slegs deur die bloed van die Here Jesus en op grond van sy soendood aan die kruis.
- In sondebelydenis vra ek nie dat God noodwendig omstandighede moet verander nie, maar dat Hy my sal vergewe en my sal verander.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na ''n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.