Sang is melodieuse lofprysing en aanbidding.
Dit is 'n aksie om God met geestelike liedere te aanbid en te prys.
Dit kan 'n "battle cry" teen die magte van die duisternis wees. Sang en geestelike oorlogvoering (ons stryd teen die Bose) is onlosmaaklik deel van mekaar.
Gebruik bekende liedere of sing jou eie nuwe liedere. Jy kan begin deur Skrifgedeeltes te neem en daarvan liedere te maak.
Dit is om die Vader deur sang te verheerlik, te bewonder en te aanbid.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.