
Persoonlike Versoeke
Versoeke vir jou persoonlike behoeftes.
Matthéüs 6: 11 - "Gee ons vandag ons daaglikse brood."
Filémon 4: 6 - "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."
1 Kronieke 4: 10 - "Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: "Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebeied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie."
- Om vir my "daaglikse brood" te bid.
- Om my eie nood, emosies, krisisse, behoeftes en begeertes na God toe te bring.
- Met nederigheid en in totale afhanklikheid kom vra ek God om in my behoeftes te voorsien. Ek kom as God se dienskneg en sy kind.
- Moenie voorskriftelik wees nie.
- Kom met geloof en vertrou - as God se vriend.
- Wees spesifiek.
- Christene mag met vrymoedigheid hulle persoonlike behoeftes na die Vader toe bring. En jy kan met 'n verwagting bid, selfs oor die kleinste dingetjies.
- Waak teen selfsugtige begeertes.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.