NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Die uur wat die wêreld verander - lofprysing en aanbidding

Die Uur wat die Wêreld verander

Lofprysing en Aanbidding

Lofprysing en aanbidding is 'n daad van bewondering, van en toewyding aan God.

 

Psalm 115: 1 - "Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan U Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys."

 

  • Aanbid God vir wie Hy is: die een wat jou geskep het - vir sy onfeilbare Woord - vir jou verlossing - dat jy in sy plan ingesluit is.
  • Dit is om God te verhoog en te vereer.
  • Dit is om God te erken vir wie Hy is, om Hom met ons woorde, ons hele wese en ons gebedshouding groot te maak.
  • Loof Hom vir sy Naam, sy geregtigheid, liefde, heiligheid, almag, grootheid, trou, alomteenwoordigheid, sy Woord, sy skepping, sy verlossingsdade, ens.

Jy kan bv. elke keer 'n ander tema kies om in hierdie tyd van lofprysing en aanbidding te gebruik. Brei soveel moontlik op hierdie tema uit, oordink dit, oorweeg wat die praktiese implikasies daarvan vir jou en ander se lewens is.

 

Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.