NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Die uur wat die wêreld verander - danksegging

Die Uur wat die Wêreld verander

Danksegging

Danksegging is 'n tyd waarin ek my waardering teenoor God uitspreek vir sy sorg en beskerming en vir wie Hy is.

1 Tessalonicense 5: 18 - "Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag."

Dink oor die dag en dank God vir sy sorg vir jou en ander.

Dank God vir nuwe dinge wat Hy gedoen het en doen: geestelik, fisies, sosiaal.

Dank Hom oor wie Hy is, sy gawes, antwoorde op gebed ... al sy seëninge.

Wees spesifiek in jou danksegging.

 

Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.