NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Die uur wat die wêreld verander - bid die Skrif

Die Uur wat die Wêreld verander

Bid die Skrif

Bid die Skrif is om myself geestelik te voed en volgens God se agenda en openbaring te bid.

  • Dit is Woord-verrykte gebed - die Woord is jou handleiding om te bid.
  • Dit is om volgens God se beloftes te bid. God se beloftes in die Woord wek geloof in ons harte.
  • Die Bybel is in die eerste plek ''n boek wat geglo en gehoorsaam moet word. In hierdie periode vra ek: "Here, watter beloftes kan ek vir my toe-eien, watter bevele moet ek gehoorsaam, op watter waarskuwings moet ek ag slaan?
  • Ons moet die Here dag en nag aan die beloftes in Sy Woord herinner. Soos wat jy die Bybel lees, moet jy vir die Here vra hoe om dit toe te pas in jou lewe en in jou gebedstyd.

 

Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na ''n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.