NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Erediens

Erediens:

9:00

Informele Erediens:

18:00 (geen diens tydens skoolvakansie en langnaweke)

Adres:

h/v Ben Swart Straat en 16de Laan, Rietfontein

Kaart en Aanwysings

Kontak Ons

Maandag - Vrydag:

8:00 - 13:00

Tel. Nommer: 012 331 3531

Faks Nommer: 012 331 0389

Adres:

16de Laan 615, Rietfontein

E-pos:

kantoor@rietfontein-suid.ng.org.za

Gemeente Kalender

Gemeente Visie

deur Christus-liefde gee ons

vir almal om:

ons gee om vir mekaar;

ons gee om vir nog-nie-gelowiges;

ons gee om vir noodlydendes.

Dankoffer Inbetalings

ABSA Bank

Rekeninghouer:

NG Gemeente Rietfontein-Suid

Tak: Ben Swartstraat

Tak Kode: 334 645

Rekening: 090 197 797

Verwysing:

Voorletters, Van en Wyk Nommer

Senior Lidmate

Indien jy onveilig voel in 'n situasie tuis of op pad, kontak Susan Fondse 076 0463 515 om spoedig polisiebystand te kry.

Ondersteuning

Vir geestelike en emosionele ondersteuning, skakel die leraars. Skakel ook in by 'n omgeegroep.

Doopkategese

Voodat doopkategese kan plaasvind moet u die vorige Maandag (week voor doopkategese) registreer by die kerkkantoor.

Bring asseblief u huweliksertifikaat en geboortesertifikaat saam wat u weer kan terugneem.

Die vorms en kopie van die dokumente moet asseblief die Dinsdag (week voor doopkategese) terug by die kantoor wees.

Onthou dat u attestate by ons gemeente moet wees om u kind ten doop te bring.

Sien ons Gemeente Kalender vir doopkategese datums.

Vir verdere navrae, sien Kontak Ons.

Nuwe Intrekkers

Baie welkom! Ons wil u graag ontmoet.

Navrae: Gert Kok 072 120 2952

CD's en DVD's

CD's en DVD's van elke Sondag se eredienste en dope is beskikbaar en kan bestel word by die MI-Toonbank na afloop van die erediens.

covid 500

 

 

Gemeentefees 2014

Tema: Jubeljaar 60

Datum: Vrydag, 31 Januarie tot Sondag, 2 Februarie

Plek: Kerk terrein

Program:

Vr. 31 Jan. 2014 18:00 gratis ete boereworsrolle, [koeldrank is te koop]

19:15 ons plant die kruis /boom

19:30 Praise and Worship in saal, daarna stil Nagmaal

Vanaf 18:00 terwyl ons eet word ‘n “slide show” gewys met ou foto’s en geskiedenis van ons gemeente.

Sa. 1 Feb. 2014  09:00-12:00 Karwas, (geen padkafee)

       12:00 Potjiekos begin kook            Koeldrank is te koop

15:00 Speletjies vir almal om deel te neem

17:00 Potjiekosete    Kaartjies R20/bord 

Onthou om nou reeds jou kaartjies te koop by MI toonbank Sondae

So 2 Feb. 2014   09:00  Erediens  Jan de Wet

Bring-en-Braai, 19 Mei 2013

Gemeente-ete

Datum: 19 Mei 2013

Tyd: 12:00 - 14:00

Plek: NG Gemeente Rietfontein-Suid Kerksaal

Die volgende word voorsien: pap en sous, slaaie en broodjies. Nagereg sal verkoop word. Braaivleisvure sal gereed wees.

Wat moet elkeen saambring: Eie vleis, drinkgoed en eetgerei.

Alle NUWE INTREKKERS of persone wat nog nie 'n gemeente-ete bygewoon het nie, is BAIE WELKOM.

KOM KUIER GERUS SAAM!!

Navrae: Liezel Nieuwenhuis 076 840 5591

 

Gemeente fees 2013 gedig

'n Gemeente Fees Gedig deur Leanie Malan

Gesinsbediening bo!!!
Wie sou ooit kon raai, dat net 'n blote gedagte,
kon verander in 'n omgeefees.
Ons is hier geplaas, die gesinsbediening span is ons plek.
Saam sal ons die gemeente dien, van ons gaan jul nog baie sien.

 

Met Sy genade, wysheid en krag
is daar gewerk, gereël, en baie vermag.
Ons het almal op Hom vertrou,
dat ons tog nie te veel sal verbrou!

 

Daar is gereël vir potte, wors en hout,
koppies, pierings en 'n knippie sout.
Selfs koffie om jou beskuit te doop.
Fliek, sing, speel en lag, was dinge wat ons graag wou deel.
Niemand moes hul tog verveel.

 

Wat jul beslis moet weet, volgende jaar gebeur dit weer,
al was ons voete moeg en seer.
Oud en jonk, tiener, moeder, pa of seun
vir jul wil ons net ons beste doen.
Mag Sy guns nou met ons wees, tot ons mekaar weer sien,
by die volgende Fees.

 

Geskryf deur Leanie Malan
4 Februarie 2013

 

Gebed

Gebedsversoeke

GEMEENTE en PERSONEEL: Bid vir ons personeel, hulle werk en gesinne. Bid dat ons met Jesus se oë en hart sal kyk na mense in geestelike en fisiese nood. Bid ook asseblief dat ons aanlyn/virtuele eredienste egte ontmoetings met die lewende God sal wees, al is dit onder vreemde en soms moeilike omstandighede.

LIDMATE: Bid vir elkeen wat alleen, angstig, bekommerd en siek is. Bid vir ons seniors wat nie die ondersteuning van normale besoeke van familie en kinders ontvang nie agv die inperking.

JEUG en ONDERWYS: Bid vir die beskerming van ons kinders en onderwysers. Bid ook vir kalmte vir ons onderwysers wat onder spanningsvolle omstandighede moet onderrig gee.

GEMEENSKAP en LAND: Bid vir alle mediese personeel wat Covid-19 pasiënte behandel, vir beskerming, moed en energie om die druk te hanteer. Bid ook vir ons ekonomie, herstel, werkskepping en ons regering.

KERK: Bid vir elke gelowige om in hierdie vreemde en ongekende omstandighede Jesus se getuies te wees deur Woord en daad, uitreik en omgee.

 

Plaas versoeke met 'n kontak nommer (sodat ons u beter kan ondersteun) in die gemerkte kassies by die hoofdeure in die kerk.

Krisisgebedsversoeke

gebed[at]rietfontein-suid.ng.org.za

Voorbidding Vir Siekes

Bid dat ons aanlyn/virtuele eredienste egte ontmoetings met die lewende God sal wees, al is dit onder vreemde en soms moeilike omstandighede.

Vrydagoggende 5:30-6:00

Kom bid saam in die Gebedskamer. Almal welkom!

Gebedskring

Elke Sondag om 17:00 in die Gebedskamer. Almal welkom!

Gemeente Biduur

Dinsdagoggende 11:15 in die konsistorie. Almal welkom! (Nie in die skoolvakansie nie)

Jeug

J-Café

Hoërskoolgroep

Donderdae 18:30

Navrae:

Ds Landi Botha

079 182 2387

Facebook:

https://web.facebook.com/rietfontein.suid.jeug

 

Uit Die Kuierhoekie

6 Beloftes van God. 1:  Ek is met jou; 2:  Ek sal jou beskerm; 3:  Ek is jou sterkte; 4:  Ek sal voorsien; 5:  Ek sal jou vrede gee; 6:  Ek sal jou altyd liefhê.