NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Erediens

Erediens:

9:00

Informele Erediens:

18:00 (geen diens tydens skoolvakansie en langnaweke)

Adres:

h/v Ben Swart Straat en 16de Laan, Rietfontein

Eredienste op YouTube

Kaart en Aanwysings

Kontak Ons

Maandag - Vrydag:

8:00 - 13:00

Tel. Nommer: 012 331 3531

Faks Nommer: 012 331 0389

Adres:

16de Laan 615, Rietfontein

E-pos:

ngriet@telkomsa.net

Gemeente Kalender 2023

POPI Wetgewing Toestemming

Gemeente Visie

deur Christus-liefde gee ons

vir almal om:

ons gee om vir mekaar;

ons gee om vir nog-nie-gelowiges;

ons gee om vir noodlydendes.

Dankoffer Inbetalings

ABSA Bank

Rekeninghouer:

NG Gemeente Rietfontein-Suid

Tak: Ben Swartstraat

Tak Kode: 334 645

Rekening: 090 197 797

Verwysing:

Voorletters, Van en Wyk Nommer

Ondersteuning

Vir geestelike en emosionele ondersteuning, skakel die leraars. Skakel ook in by 'n omgeegroep.

Doopkategese

Voodat doopkategese kan plaasvind moet u die vorige Maandag (week voor doopkategese) registreer by die kerkkantoor.

Bring asseblief u huweliksertifikaat en geboortesertifikaat saam wat u weer kan terugneem.

Die vorms en kopie van die dokumente moet asseblief die Dinsdag (week voor doopkategese) terug by die kantoor wees.

Onthou dat u attestate by ons gemeente moet wees om u kind ten doop te bring.

Sien ons Gemeente Kalender vir doopkategese datums.

Vir verdere navrae, sien Kontak Ons.

Nuwe Lidmate

Ons is opgewonde om nuwe lidmate, vriende en besoekers te verwelkom met die liefde van Jesus Christus. Neem asseblief kennis dat Ds Petro Jonker en die Geestelike leiers jou graag wil ontmoet, leer ken en besoek. Ten einde dit moontlik te maak, moedig ons jou vriendelik aan om asseblief kontak te maak met ons. Dit is noodsaaklik dat jy jouself aanmeld, want dit gee ons die vrymoedigheid om jou te kan kontak en besoek. Jy is baie welkom by ons!

Vir verdere navrae, sien Kontak Ons

CD's en DVD's

CD's en DVD's van elke Sondag se eredienste en dope is beskikbaar en kan bestel word by die MI-Toonbank na afloop van die erediens.

tema

 

Wat is Aksie Plus?

Is jy tussen 20 en 80?

Het jy gedink jy ken Pretoria of die omgewing rondom Pretoria? Is jy lus om elke maand iets nuut te ervaar? Nuwe plekke te ontdek? Nuwe mense te ontmoet wat uiteindelik dalk 'n nuwe vriend/vriendin kan word? Is jy dalk alleen, en voel nie lus om dinge op jou eie te doen nie? Of jy dink dalk dat dit vreeslik duur is om iets nuut te ervaar?

Wel, dan is die Aksie Plus net die regte groep vir jou om by in te skakel. Jy sal verbaas wees wat dit vir jou kan doen! Dis beter as Rennies en Eno, beter as braaivleis en Chevrolet, beter as Coke! Ledegeld is slegs NUL Rand per jaar. Maar herinneringe maak die hart vol, die siel gelukkig en sit 'n nuwe huppel in jou stap.

Aksie Plus het in 1993 die lig gesien as Aksie 40+ onder die leiding van Ds. Leon Van Heerden om gemeentelede tussen die ouderdomme van 40 en 65 jaar die geleentheid te gee om saam sosiaal te verkeer en die wêreld te verken.

Sommer gou is daar egter agtergekom dat mense wat jonger en ouer is as die veronderstelde ouderdomme geniet alles net soveel wat op die spys- en roetekaart geplaas word, en is daar besluit om van die ouerdomsgrenslimiete ontslae te raak en is die naam hersien na Aksie Plus.

 

Gebed

Gebedsversoeke

Het jy gebed nodig? Maak nie saak hoe groot of klein jou gebedsversoek is nie, ons sal saam met jou bid vir deurbraak, genesing, krag, veerkragtigheid, leiding, wysheid of enige ander versoek wat jy mag nodig hê. Laat weet ons gerus! Enige versoeke kan vir die kerkkantoor deurgestuur word.

 

Plaas versoeke met 'n kontak nommer (sodat ons u beter kan ondersteun) in die gemerkte kassies by die hoofdeure in die kerk.

Voorbidding Vir Siekes

Bid dat ons aanlyn/virtuele eredienste egte ontmoetings met die lewende God sal wees, al is dit onder vreemde en soms moeilike omstandighede.

Vrydagoggende 5:30-6:00

Kom bid saam in die Gebedskamer. Almal welkom!

Gebedskring

Elke Sondag om 17:00 in die Gebedskamer. Almal welkom!

Gemeente Biduur

Dinsdagoggende 11:15 in die konsistorie. Almal welkom! (Nie in die skoolvakansie nie)

Kleuter en Junior Kategese

2023

Skool Kwartale (Gauteng)

1ste Kwartaal: 11 Jan tot 24 Mrt

2de Kwartaal: 12 Apr tot 23 Jun

3de Kwartaal: 18 Jul tot 29 Sep

4de Kwartaal: 10 Okt tot 13 Des

Sondag Program

08:30: Aktiwiteite Begin

09:00: Opening en Verwelkoming; Sang

09:15: Mini Diens; Sang

09:30: Klas

10:15: Kinders gaan huis toe

Voel jy geroepe om by ons Kinders betrokke te wees?

Navrae:

Sien Kontak Ons

Jeug

J-Café

Hoërskoolgroep

Donderdae 18:30

Facebook:

https://web.facebook.com/rietfontein.suid.jeug

 

Barmhartigheid

Ons probeer steeds lidmate help wat dit nodig het. Enige donasies van nie-bederfbare voedsel, toiletware of 'n koevert met fondse kan by die Kerkkantoor afgegee word.

Siekes, Sterftes en Begrafnisse

Gee asseblief álle siekes, hospitaal/tuis, sterftes en begrafnisse per whatsapp/sms deur na die Kerkkantoor, Vir verdere navrae, sien Kontak Ons