Maak gereed vir 'n asemrowende tyd van lewensverandering en geestelike groei!
Op 22 Julie begin ons weer met 'n "40 Dae" geleentheid van indiepte delf in Romeine 12.
Soos die vorige 40 Dae-geleenthede gaan daar weer drie aspekte wees, naamlik:
Hou datums asseblief oop en bid saam vir 40 Dae.
Jy word hartlik uitgenooi om te kom deel in die seën van Pinkster!
Dr Gerhard du Toit is prediker vanaf Kanada wat wêreldwyd optree oor die onderwerp van gebed en herlewing. Hy het 'n passie om kerke te sien wat vol mense is wat vol van die Here is!
Vanaf Sondagoggend 13 Mei tot Woensdag 16 Mei hanteer hy die Pinksterdienste by ons.
Die oggend Pinkster 21 Mei tot 25 Mei om 10:00 word gereël deur Ds. Dirk van Zyl.
Temas:
Luister is 'n periode waarin jy opdragte van God ontvang, waar jy Hom vra om vir jou dinge te wys wat Hy wil hê dat jy sal raaksien en aan aandag moet gee.
Dit is om na die innerlike stem van die Heilige Gees te luister.
Waar jy vra: Wat is daar wat U wil hê ek moet doen? Wat is U wil vir vandag?
Om leiding uit die Woord te soek.
Om God doelbewus te vra om Sy wil en strategieë of planne aan jou bekend te maak.
In wag op die Here gaan dit om God lief te hë. Tydens oordenking wil ons meer van God leer. In die periode van luister wil ons hoor wat God vir ons wil sê. In hierdie periode vra ek: "Here, wat verwag U van my, wat is U wil vir my?"
Jy kan ook vir die Here spesifieke vrae vra, miskien moeilike vrae waarop jy nie antwoorde het nie. Wees sensitief vir die Heilige Gees.
Wees versigtig om sommer vinnig te sê: "Die Here het dit en dat vir my gesê."
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.
Oordenking of Christelike meditasie is om 'n saak dieper te oordink of te ondersoek, om dit geestelik te evalueer.
Mediteer (oordink) oor die wese en die natuur van die Drie-Enige God, sy skepping, sy dade (werke) en karakter.
Neem 'n spesifieke tema uit die Skrif en dink daaroor (geregtigheid, liefde, waarheid, lig, vrede, heiligheid, ens.)
Neem 'n Skrifgedeelte en oordink dit (mediteer).
Maak God self die hooffokus van jou meditasie or oordenking: sy werke of dade, sy Woord, sy karakter.
Christelike oordenking (meditasie) staan tennoor Oosterse meditasie. In Oosterse meditasie gaan dit hoofskaalik oor 'n passiewe gemoedstoestand en om jou verstand "leeg" te maak. Vir die Christen is oordenking 'n aktiewe proses van evaluering, ondersoek en bepeinsing waarby jy met volle verstand betrokke is en waar jy jou deur die Skrif en die Heilige Gees laat lei.
Oordenking is om gedissiplineerd na te dink. Waak dat die Satan nie sy gedagtes in jou plant nie. Waak ook teen negatiewe gedagtes in hierdie periode. Bedink alles wat waar, rein, edel, reg, mooi en prysenswaardig is. Wanneer jy 'n betrokke gedeelte uit die Skrif oordink moet jy onder andere vir jouself vra wat hierdie gedeelte vir jou wil sê.
Dick Eastman, in sy boek "The hour that changes the world", doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elk indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na 'n ander vorm van gebed. Bogenoemde volg Dick Eastman se indeling.