NG Gemeente Rietfontein-Suid

Ons Gee Om

Erediens

Erediens:

9:00

Informele Erediens:

18:00 (geen diens tydens skoolvakansie en langnaweke)

Adres:

h/v Ben Swart Straat en 16de Laan, Rietfontein

Kaart en Aanwysings

Kontak Ons

Maandag - Vrydag:

8:00 - 13:00

Tel. Nommer: 012 331 3531

Faks Nommer: 012 331 0389

Adres:

16de Laan 615, Rietfontein

E-pos:

kantoor@rietfontein-suid.ng.org.za

Gemeente Kalender

Gemeente Visie

deur Christus-liefde gee ons

vir almal om:

ons gee om vir mekaar;

ons gee om vir nog-nie-gelowiges;

ons gee om vir noodlydendes.

Dankoffer Inbetalings

ABSA Bank

Rekeninghouer:

NG Gemeente Rietfontein-Suid

Tak: Ben Swartstraat

Tak Kode: 334 645

Rekening: 090 197 797

Verwysing:

Voorletters, Van en Wyk Nommer

Naweek Bystanddiens

2 Nov - 4 Nov

Prop. Petro Jonker

9 Nov - 11 Nov

Ds. Leon Tait

16 Nov - 18 Nov

Ds. Leon van Heerden

23 Nov - 25 Nov

Ds. Leon Tait

 

Kontak Nommers

Ds. Leon Tait

082 601 4235

 

Ds. Leon van Heerden

083 660 1803

 

Prop. Petro Jonker

072 048 9856

 

In tyd van krisis, kontak asseblief die persoon aan diens.

Senior Lidmate

Indien jy onveilig voel in 'n situasie tuis of op pad, kontak Susan Fondse 076 0463 515 om spoedig polisiebystand te kry.

Ondersteuning

Vir geestelike en emosionele ondersteuning, skakel die leraars. Skakel ook in by 'n omgeegroep.

Doopkategese

Voodat doopkategese kan plaasvind moet u die vorige Maandag (week voor doopkategese) registreer by die kerkkantoor.

Bring asseblief u huweliksertifikaat en geboortesertifikaat saam wat u weer kan terugneem.

Die vorms en kopie van die dokumente moet asseblief die Dinsdag (week voor doopkategese) terug by die kantoor wees.

Onthou dat u attestate by ons gemeente moet wees om u kind ten doop te bring.

Sien ons Gemeente Kalender vir doopkategese datums.

Vir verdere navrae, sien Kontak Ons.

Nuwe Intrekkers

Baie welkom! Ons wil u graag ontmoet.

Navrae: Gert Kok 072 120 2952

CD's en DVD's

CD's en DVD's van elke Sondag se eredienste en dope is beskikbaar en kan bestel word by die MI-Toonbank na afloop van die erediens.

Reformasie 500 - "Ek kan nie anders nie."

Die Finale Streep in die Sand

"U Keiserlike Hoogheid en die ander geëerde here verwag 'n eenvoudige antwoord.

Wel, hier is dit, eenvoudig en reguit. Tensy ek deur die Skrif veroordeel word van 'n dwaling, of (aangesien ek geen vertroue het in die ongegronde gesag van die pous of die konsilies nie omdat dit duidelik is dat hulle dikwels gedwaal en hulleself weerspreek het) deur gesaghebbende beredenering, ag ek myself gebonde deur die Skrif waarop ek my beroep het.

My gewete is 'n gevangene van God se Woord. Ek kan en sal niks herroep nie, want om teen ons gewete op te tree, is nóg veilig, nóg geoorloof. Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. God help my. Amen …"

Met hierdie beroemde woorde het Martin Luther op 18 April 1521 tydens die Ryksdag van Worms finaal die streep in die sand getrek.

In die bykans drie jaar wat verloop het sedert 31 Oktober 1517 het die konflik tussen Luther en die kerk verskerp. Nadat Luther deur kardinaal Cajetan gekonfronteer is en na Rome ontbied is, moes hy vir sy lewe uit Augsburg vlug.

In Julie 1519 het Luther in 'n twisgesprek met Eck van Leipzig die pous se oppergesag en die onfeilbaarheid van konsillies verwerp.

In Junie 1520 is Luther vergelyk met 'n wilde vark wat 'n wingerd ingedring het, in die pouslike bul (brief) waarin hy met ekskommunikasie gedreig is. Dié brief van pous Leo X is tydens ’n feestelike geleentheid in Wittenberg deur Luther en sy mede-professore en studente verbrand.

In die herfs van 1520 het Luther drie boekies geskryf wat duidelik aangedui het dat daar nie meer omdraaikans was nie. 'n Ope brief aan die Christelike adel van die Duitse volk het eerste verskyn. Daarin het Luther klem gelê op die priesterskap van elke gelowige.

Dit is gevolg deur Die Babeloniese gevangeniskap van die kerk waarin Luther die sewe sakramente van die kerk bevraagteken het en beklemtoon het dat die Bybel net twee sakramente, naamlik die doop en nagmaal ken.

Die laaste van die drietal was die vryheid van 'n Christen waarin Luther beklemtoon het dat die Bybel leer dat mense uit genade en op grond van geloof alleen gered word.

Na die Ryksdag van Worms het die kerk alles in sy vermoë gedoen om Luther as misdadiger te brandmerk. Frederik van Sakse het hom egter oor Luther ontferm en aan hom skuiling gebied in 'n kasteel te Wartburg. Hier het Luther al sy tyd en energie gebruik om die Nuwe Testament in Duits te vertaal sodat almal die Bybel kon lees.

Geskryf deur Prof Johan van der Merwe (Kerkgeskiedenis-professor aan die Universiteit van Pretoria vir e-Kerkbode).

Reformasie 500 - "Ek kies Christus en die kruis!"

Die Einde van Aflaatbriewe

Volgens oorlewering het Martin Luther sy 95 stellinge teen die Katolieke Kerk op 31 Oktober 1517 teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker.

Die dokument, wat in Latyn geskryf was, is ook aan Albert, die aartsbiskop van Mainz gestuur. Luther het versoek dat die aartsbiskop sy stellinge aan die Skrif toets en dat die verkoop van aflaatbriewe onmiddellik stopgesit moes word.

Verskeie kopieë is deur Johann Grünenburg van Wittenberg gedruk en die 95 stellinge is binne dae in Duits vertaal. Dit het soos 'n veldbrand oor die hele Europa versprei en na 'n maand was dit ook in Engeland beskikbaar.

Reaksie uit kerk en staat het toegeneem namate minder en minder aflaatbriewe verkoop is. Dit het gou duidelik geword dat Luther se standpunte groot finansiële verliese vir die kerk en staat tot gevolg gehad het.

Alhoewel hy die kerk en teoloë van sy tyd in die 95 stellinge uitgedaag het, was daar veel meer op die spel. Die hele Middeleeuse skema van verlossing soos wat die skolastici dit uitgewerk het en die kerk dit verkondig het, het onder verdenking gekom.

Luther se fundamentele vrae oor die aard van bekering, vergifnis en verlossing het verder nie net die kerk uitgedaag nie, maar ook die hele finansiële stelsel van Europa tot in sy wese geskud.

Die hooffokus van sy kritiek word in die eerste stelling reeds duidelik: “Toe ons Here en Meester Jesus Christus gesê het: 'Bekeer julle' (Matt 4: 17) het Hy daarmee bedoel dat die hele lewe van 'n gelowige 'n lewe van bekering moet wees.”

Luther was van mening dat sondaars wat op aflaatbriewe staatgemaak het vir vergifnis, in so 'n mate deur die kerk mislei is, dat hulle vir ewig verlore was. Hy het die aflaatbriewe verder vergelyk met nette waarmee rykdom vir sommige mense ten koste van ander "gevang" is.

Luther het sy standpunt verder soos volg verwoord: "Dit is duidelik: Hy wat Christus nie ken nie, ken nie die God wat in lyding weggesteek is nie. Daarom kies hy goeie werke bo lyding, heerlikheid bo die kruis, mag bo swakheid, wysheid bo dwaasheid en in die algemeen goedheid bo boosheid. Hierdie is die mense wat die apostel 'vyande van die kruis van Christus' noem want hulle haat die kruis en lyding en het goeie werke en die heerlikheid van goeie werke lief."

Luther het opnuut onherroeplik vir Christus en die kruis gekies en so die geskiedenis van die kerk op 'n nuwe pad geplaas.

Geskryf deur Prof Johan van der Merwe (Kerkgeskiedenis-professor aan die Universiteit van Pretoria vir e-Kerkbode).

Reformasie 500 - Geld vir jou sonde ...

Goeie Dade

"Goeie dade maak nie van jou 'n goeie mens nie, maar 'n goeie mens doen goeie dade!"

Hierdie stelling van Luther is een van vele wat hom direk in stryd met die kerk gebring het. Hy het dit veral teen die verkoop van aflaatbriewe gehad. Op 24 Februarie 1517 het Luther die aflaatstelsel in 'n preek veroordeel. Volgens hom het die stelsel mense aangemoedig om sonde te doen en hulle daarvan weerhou om God regtig as 'n genadige Verlosser te leer ken.

Die aflaatstelsel was gebaseer op goeie werke wat uit vrees en pligsbesef gedoen is. Volgens die leerstellinge van die Middeleeuse Katolieke kerk het Christus, Maria en die heiliges sonder sonde geleef en gesterf. Hulle het ook 'n groot aantal goeie werke gedoen wat in die hemel bewaar is.

Omdat gewone mense aan die einde van hulle lewe meer sonde as goeie werke gehad het, moes hulle 'n boete daarvoor betaal. Hierdie betaling is gemaak deur 'n bepaalde tyd in die vagevuur deur te bring. Wanneer die tyd verstryk het, is 'n sondaar tot die hemel toegelaat.

Familie en vriende kon aflaatbriewe koop om 'n persoon se tyd in die vagevuur korter te maak. Lidmate kon ook terwyl hulle nog geleef het, aflaatbriewe koop wat dan van die goeie dade wat in die hemel bewaar word na hulle lewe as krediet oorgedra sou word.

Luther het die stelsel nie net in die prediking aangeval nie. Volgens tradisie het hy op 31 Oktober 1517 sy standpunt in 95 stellinge teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker.

Twee sake het hom gemotiveer: Eerstens het Tetzel, 'n Dominikaanse monnik aflaatbriewe in die omgewing van Wittenberg begin verkoop. Sy bemarkingstrategie het bestaan uit 'n reusevuur wat op die dorpsplein gemaak is. Inwoners van die dorp is dan vertel dat 'n soortgelyke vuur, net veel warmer, op almal wag indien hulle nie aflaatbriewe sou koop nie.

Besigheid het gewoonlik goed verloop en die kerk het enorme bedrae geld uit die vrees van mense ingesamel. Daar is vas geglo dat wanneer 'n muntstuk in die geldkis val, 'n siel uit die vagevuur sou spring!" Die geld is vir die bou van die Basilika in Rome ingesamel waar die "bene van Petrus, Paulus en ander heiliges" in haglike omstandighede bewaar is.

Tweedens was Luther bekommerd oor die pastorale gevolge wat die verkoop van die briewe ingehou het.

Na Luther se ontmoeting met die genadige God van Romeine 1 kon hierdie bedrog nie langer voortgaan nie. Met sy 95 stellinge sou hy sy lewe op die spel plaas om dit stop te sit.

Geskryf deur Prof Johan van der Merwe (Kerkgeskiedenis-professor aan die Universiteit van Pretoria vir e-Kerkbode).

Gebed

Gebedsversoeke

Plaas versoeke met 'n kontak nommer (sodat ons u beter kan ondersteun) in die gemerkte kassies by die hoofdeure in die kerk.

Krisisgebedsversoeke

gebed@rietfontein-suid.ng.org.za

Voorbidding Vir Siekes

Bid vir skoliere en studente wat voorberei vir die eksamen, hierdie week in u persoonlike stiltetyd, huisgodsdienstye en Omgeegroepe.

Vrydagoggende 5:30-6:00

Kom bid saam in die Gebedskamer. Almal welkom!

Gebedskring

Elke Sondag om 17:00 in die Gebedskamer. Almal welkom!

Gemeente Biduur

Dinsdagoggende 11:15 in die konsistorie. Almal welkom! (Nie in die skoolvakansie nie)

Lees Die Bybel

28 Okt - 3 Nov

Lees:

Deuteronómium 6: 1 - 9

Rut 1: 1 - 18

Psalm 146

Markus 12: 28 - 34

Hebreërs 9: 11 - 14

You can now also read the bible in other South African languages here.

Kleuter en Junior Kategese

12 Desember 2018 - Skole Sluit

9 Januarie 2019 - Skole Open

Voel jy geroepe om by ons Kinders betrokke te wees? Ons benodig 'n erediens aanbieder, sangleier, kategete en helpers om met verskeie take te help.

Navrae:

Talita Fourie 076 107 9988

Registrasie vorms beskikbaar by kerksaal of kan ook by Die Koffiepot afgelaai word.

Jeug

J-Café

Hoërskoolgroep

Donderdae 18:30

Navrae:

Albert Jordaan

082 316 1160

Facebook:

https://web.facebook.com/rietfontein.suid.jeug

 

Uit Die Kuierhoekie

God het ons met 'n doel gekies om 'n vrugbare lewe vir Hom te leef. Ons moet 'n permanente verskil in hierdie lewe maak. As ons Hom vra, sal Hy ons daarmee help. Om 'n verskil te maak, moet ons mekaar liefhê.

Karwas Projek

ngrs-karwas-projek

Saterdag, 3 November 2018

Plek: NG Gemeente Rietfontein-Suid Terrein

Tyd: 9:00 - 12:00

Pryse:

Was-en-Ry @ R25-00

Was-en-Stofsuig @ R40-00

Om vir werkloses geleentheid te skep vir 'n

paar rand oorlewingsgeld.

Nou ook stalletjies tydens Karwas. Heerlike eetgoed en vele meer.

Navrae:

Ds. Leon van Heerden

083 660 1803